Hoe lyk ons eredienste vorentoe?
28 Februarie
09:00 | Familiediens in Hoofruim | Inrydiens in parkeerarea| Aanlyndiens
09:00 | Kinderdiens in Ouditorium
10:00 | Protea diens | Dr. Daléne Flynn
18:00 | Aanddiens in Ouditorium
Belangrike reëlings rondom ons eredienste
Soos u sien is daar verskeie opsies beskikbaar vir ons gemeentelede om saam met ons te kan deel in ons eredienste:
Aanlyndiens – die huidige aanlyndienste op ons sosiale media platvorms sal steeds voortgaan, vir lidmate wat nog nie veilig voel om terug te keer kerk toe nie.
Inrydiens – lidmate is welkom om, op ons gemeente se parkeerterrein, in die veiligheid van hul eie motors, as gesin saam na die erediens te sit en luister. Die diens sal vanuit die Hoofruim uitgesaai word en kan op die motorradio by frekwensie 88.5 MHz geluister word.
Diakens sal in die parkeerarea aan diens wees om lidmate by te staan.
Hoofruimdiens en Aanddienste – 50 lidmate mag in die Hoofruim toegelaat word om die eredienste by te woon.
Besprekings moet asb voor Woensdagoggende 10 uur by die kerkkantoor of per whatsapp by 082 904 3388 plaasvind.
Al die nodige Covid 19 vereistes sal nagekom word, naamlik sanitering van hande en registrasie by die hoofdeur asook die dra van ‘n masker en handhawing van sosiale distansiëring – ‘n egpaar/gesin sal wel toegelaat word om bymekaar te sit.
Aftree-oorddienste / English service – Geen bespreking is nodig vir hierdie dienste nie. Al die Covid 19 maatreëls sal in plek wees, ook soos bepaal deur die aftree-oorde.Op hierdie manier kan ons baie meer van ons lidmate akkomodeer.
Kinderdiens – Kinders kan voor 9uur by die Ouditorium gelaat word waar tannie Adri hulle sal verwelkom, hande saniteer en seker maak dat maskers gedra word. Sosiale distansiëring sal ook gehandhaaf word, maar boeties en sussies sal wel toegelaat word om bymekaar te sit.
Hierdie skep ‘n wonderlike geleentheid vir ons kinders om bedien te word terwyl ons ouers die Hoofruim– of Inrydiens geniet.
Ons sien baie daarna uit om u almal terug te verwelkom! Dit is tyd om weer terug te keer kerk toe.
Die kantoordiens is tussen 08:00 – 13:00 beskikbaar. Neem asb kennis dat, ter wille van veiligheid, maskers te alle tye gedra moet word en dat slegs die nodigste dienste gebied sal word. Sanitering en sosiale afstand word ook toegepas. Kontak asb. die kantoor op 082 904 3388 VOORDAT u opdaag om te verseker dat ons wel op kantoor beskikbaar is. Indien die personeel blootgestel sou word aan die Covid 19 virus sal personeel vanaf hul huise werk. Vir enige navrae kontak 082 904 3388
BEGRAFNISSE
Begrafnisse (met ‘n maksimum van 50 persone) kan wel by die gemeente plaasvind – onderhewig aan reëls en regulasies soos voorgeskryf deur die regering.