Mans word aangemoedig om deel te word van die omgeegroepe wat reeds bestaan. Gedurende die jaar vind manne-ontbyte, sowel as ons mannekamp plaas. Tydens die ontbytsessies gesels ons oor God, geloof en mannesake, en verkeer gesellig saam.

Die mannekamp is ‘n belewenis waarheen pa’s en seuns, oud en jonk saamgaan. Daar’s geen skottelgoed of groente nie! Ons kuier rondom kampvure, vind ons siele in die natuur en word aangeraak deur Sy teenwoordigheid en Woord.

Die manne kom tans op Woensdagoggende om 06:00 byeen om saam te bid en gesels oor ‘n koppie warm koffie voor die dag se werk begin.

Skakel gerus vir Phillip van Zyl:  083 442 5425

phone083 442 5425