Fasiliteite

Bespreking van Lokale, Klank & Toerusting

Die kerkfasiliteite kan bespreek word vir 'n verskeidenheid geleenthede.

Die gebruik van die kerkfasiliteite en –toerusting gedurende die dag, aand en naweke moet Donderdae voor 10:00 vir die daaropvolgende week by die kerkkantoor bespreek word. Dit stel ons in staat om voldoende voorsiening te maak vir u behoeftes. Die kostes verbonde aan die fasiliteit sal tydens die bespreking met die kerkkantoor bevestig word. Vind die uitleg van lokale aangeheg.
Skakel gerus vir Rouxvé Steyn

phone+27 12 348 5135/6

phone+27 12 361 6469 / + 27 86 586 9265

Kliek hier om die fasiliteite te bespreek
Fasiliteite Besprekingsvorm

Fasiliteite beskikbaar :





Ouditorium

Die Rif Ouditorium is ideaal ingerig vir 'n groot groep van nie meer as 350 persone nie. Dit het 'n uitstekende ingeboude klankstelsel, lugverkoeling, beligting van verskeie tipes sowel as gerieflike gestoffeerde stoele. Dit is geskik vir vertonings, aanbiedings aan groot groepe en vele meer. Dit beskik ook oor 'n "buite" kombuis waar verversings tydens vertonings verkoop kan word.

Konferensielokaal bekend as die CAEIA

Die Konferensielokaal is ideaal geskik vir 'n kleiner groep van nie meer as 30 sittende persone. Dit is geleë langs die Ouditorium en kan gebruik word vir 'n verskeidenheid van geleenthede. Dit beskik oor 'n ingeboude projektor (Litepro) en vertoningsbord met uitstekende klank en beligting.


Atrium

Die Atrium is aangrensend aan die hoofruim van die kerk en word afgesper deur invou glasvensters. Die fasiliteit is geskik vir troues, dinees, afskeidsfunksies, aanbiedings en uitstallings. Die ruimte is heerlik koel en gemaklik agv sy grootte met goeie beligting. Ongeveer 350m² uitstalspasie.

Dit kan ongeveer 300 mense teaterstyl en 700 mense staande met gemak hanteer.

Lifestyle Café hanteer al die etes en verversings en die bekwame personeel sal alle voorbereiding vir u gerief hanteer.



KoMa'In!

Die #KoMaIn!-lokaal is 'n gesellige warm lokaal wat 'n verskeidenheid van funksionele areas binne die lokaal bied. Dit het 'n verskeidenheid van tafeltjies en stoeltjies, 'n lang tafel met 2 lang sitbanke, sitkamerstelle, 'n area wat met boekrakke afgesonder is en 'n bedieningspunt vir verversings. Almal is welkom "om maar net in te kom"