Ons stel graag ons 11 sendelinge/sendingpare bekend. Lees gerus hul nuutste nuus of vind meer uit oor elkeen deur op hul skakels te kliek.

Gabriel en Caroline Beinde Gaston, Kinderevangelisasie opleiding, Njdamena Chad

Gabriel is ‘n vennoot vir Petra, met ‘n passie vir kinderbediening, in Afrika lande soos Chad, Nigerië en Kameroen,
Facebook bladsy
Stefan & Hensie van der Merwe

Stefan & Hensie van der Merwe, Weeskinders & Bybelonderrig, Oekraïne

As deel van OM Oekraïne fokus Stefan en Hensie op kerkplanting, evangelisasie, bediening aan weeskinders, mentorskap en maatskaplike ontwikkeling.

Elke somervakansie bied hulle verskeie vakansiekampe aan weeskinders, volwassenes en vlugtelinge waar die evangelie gedeel word.
Operasie Mobilisasie Oekraïne
Thiart gesin

Andre & Anna-Marie Thiart, Onbereikte Makwe mensegroep, Quionga Mosambiek

Die Thiartse bedien die plaaslike kerk op Quionga, asook die onbereikte Makwe mensegroep in ver-Noord Mosambiek teen die grens met Tanzanië.

Hulle bedien ook die gemeenskap met mediese versorging, landbou ondersteuning en leiding aan die gemeenskapsleiers rondom natuurlike hulpbron-ontgunning in die streek.
Makwe Mission Facebook

Jonny Ndlovu, Gemeenskapsontwikkeling, Bosbokrand

Jonny se passie is vir verlore siele.

Hy rig leiers op, plant kerke en bedien sy gemeenskap deur ‘n kleuterskool en werkskeppingsprojekte.

Calgary Christian Church bied ook geleentheid vir verskeie uitreikspanne wat in die gemeenskap kom werk.
Facebook bladsy

Bennet & Jessica Shunmugam, Fokus op Hindoe gemeenskap, Chatsworth KZN

Rev Bennett se passie is om gebroke mense uit Hindoeïsme te bedien.

Hulle bedien ook groepe, bied kursusse aan by die nuwe Kingfisher Retreat sentrum wat hul tans nog ontwikkel.
RCA Shalom Facebook profiel

Hannes en Elzaan de Villiers, Evangelisasie & MIV bewusmaking, Suid-Afrika

Hannes en Elzaan is die stigters van Building Hope Foundation wat leiers en gewone mense toerus en oplei in veral afgeleë gemeenskappe, om self die Evangelie te deel. Hulle doen MIV toerusting, opleiding en bewusmaking in verskeie gemeenskappe dwarsoor Suid-Afrika en suidelike-Afrika.

Hulle mentor ook landelike kerkleiers en bedien ander sendelinge met raad en ondersteuning.
Building Hope Foundation

Katlego (Steven) & Jermina Kgaswane, Kerkplanting, Mamelodi

Steven se passie is herlewing en gebed.

Deur Jesus Life Community fokus hy op kerkplanting en het ook ‘n hart vir tieners en kinders.
Jesus Life Community, Mamelodi
Sergio & Annette Rossell

Sergio & Annette Rosell, Jeug & gesinne, Madrid Spanje

Die Rossell’s werk as gesin saam, veral onder die jeug in Spanje.

Hulle plant huiskerke en dien as mentors vir jong gelowiges
Fanie Richter

Fanie Richter, Petra Kollege, Internasionale verhoudinge: Venootskappe en Bewusmaking

Petra Instituut rig kerkleiers in Afrika op om kinders met God se boodskap te bedien. Ds. Fanie is getaak om spesifiek na vennootskappe en verhoudinge asook bewusmaking om te sien.
Jacques_Juliette_mbiya

Jacques & Juliette Mbiya, Gesinne en gemeenskap, Ga-Rankuwa

Jacques en Juliet se geloofsgemeenskap bedien ‘n informele nedersetting deur geestelike leiding, werkskepping en opheffing. Hulle het 'n passie vir veral tieners.
Promised Land Bible Ministries

Gesin in Indië, Besigheid en Hindoe gemeenskappe

Hierdie twee geloofswerkers glo en werk atief om menswaardigheid van elke mens te herstel, etiese besigheidsbeginsels in besigheid en bemagtig mense om met passie hul werk te doen. Hul geloof word deur hul voorbeeld uitgedra en getuig openlik oor hul geloof in Christus wanneer dit veilig is om so te doen.
Kontak Annelize Meyer
Albie en Lizzy

Albie & Lizzy Jordaan, digitale media en konferensies, Pretoria

Albie en Lizzy deel God se boodskap van genade.

Hulle fokus op kerkplanting, Digitale media en konferensies
Dei Gratia gemeente, Pretoria