Ons het ‘n splinternuwe Familiediens in die oggend wat vanaf die tweede kwartaal in 2017 begin.  Dit gaan ‘n baie gemaklike styl volg wat kindervriendelik ingerig sal wees met genoeg sielskos vir die hele familie!  Kinders neem deel aan die erediens met lofprysing, dankoffers, gebede en dramatisering van Skrifverhale.

Ons leer ook van omgee vir ander wanneer ons weekliks blomme uitdeel.

Die familiediens begin om 08:30 op Sondae gevolg met ons Josua Kids program (Junior kategese tot en met Graad 6) direk na die erediens om 09:30.  Let op dat ons in die wintermaande eers om 09:00 begin (Junie, Julie, Augustus)