MAAND VAN OORVLOED 

Die projek eindig eindig 30 April en die klere word Donderdag 3 Mei sorteer om na die verskillende plekke te gaan.

BARMHARTIGHEIDSBEDIENING 

Borg ‘n kombers @R150
Bring ‘n gevriesde bakkie sop na die kerk, sal versprei word saam met die kospakkies.
Serpprojek – brei ‘n serp en bring Junie maand na die kerk waar dit versprei sal word na die vrouens wat op Woendae by die Arbeidsentrum aanmeld.

DAMESTEE 12 Mei – GOD DIE GROOTSTE ONTWERPER  

Kaartjies is @ R80pp by verskeie gasvrouens en die kerkkantoor beskikbaar.
Vanjaar vier ons, ons sendelinge se werk in Indië.  Kom geniet ‘n oggend met Indiese kleure en teksture saam met Marianne Hattingh ‘n Interieurontwerper en Saphira.
Navrae: Elvereen Swart by 083 324 105

OREO FLIEKAAND 

OppiRif enkelouers nooi al die lidmate op 5 Mei om 17:00 om saam met hulle te kuier met ‘n worsbroodjie, koeldrank en “popcorn” en daarna om die fliek COURAGEOUS saam met hulle te kyk.

Besprekings is noodsaaklik.

Die kontakpersoon is Hano Bothma – 072 477 1415

DAGBOEK
GEBEDSKETTING: 10 -20 Mei
Skryf jou naam in die tydgleuf op die Gebedsbord.

HEMELVAARTDIENS: 10 Mei
In die Hoofruim 18:30 – Prof. Johan van der Merwe

PINKSTER: 13 – 17 Mei
Tema: deur die Kragveld van die Heilige Gees – in die voetspore van die eerste Kerk in Handelinge saam met dr. Jorrie Potgieter

OPPI-RIF MAKITI: 31 Aug 2018. Kontak die kerkkantoor indien jy graag hier betrokke wil raak