Geloofsoffer is ‘n offer wat ons apart tot ons dankoffer, in geloof gee. Ons vertrou dat God hierin sal voorsien. Vanuit Geloofsoffers ondersteun ons huidiglik 6 sendelinge wat voltyds in die bediening staan.
Geloofsoffers word in 'n aparte rekening tot die gemeente se rekening inbetaal en uitsluitlik vir ons sendelinge aangewend. Jy is ook welkom om direk by 'n sendelinge betrokke te raak. Die sendingbegroting word jaarliks beplan op grond van geloofsofferbeloftes. Dit verseker die sendelinge van 'n inkomste waarop hulle kan staatmaak.
U biddende bydrae tot geloofsoffers maak dit moontlik om nog ons sendelinge finansieël te kan ondersteun.
Die bankrekening besonderhede vir geloofsoffers is as volg:
Lynnwoodrif Geloofsoffers
Absa Bank
Rek nr 4050 707 236