Ons het tans 7 sendelinge met wie ons in vennootskap is op verskillende maniere. Hierdie 7 egpare/gesinne verteenwoordig Lynnwoodrif in Spanje, Chad, en natuurlik in Suid-Afrika. Die gemeente se fokus is primêr in Suid Afrika rondom gemeenskappe van hoop, met die sendeling en sy kerk as die sentrum van hoop
Die fokus van sendelinge bly in lyn met die gemeente se visie om mense uit te nooi na God toe. Dit word gedoen deur onder andere kerkplanting, opleiding in verskillende Bybel aspekte, dissipelskap, versorging van kwesbare gemeenskappe, kampe, verhoudingsbou, gebed en nog vele meer.
Hulle is afhanklik van ons ondersteuning en daarom is
geloofsoffers 'n kern deel van ons finansiele bydrae tot hul lewensonderhoud. 'n Geloofsoffer is 'n finansiele bydrae wat jy maak waar jy die Here vertrou om te voorsien tot ons sendelinge, bo en behalwe jou normale dankoffer bydrae tot die gemeente.
Lees gerus meer oor die agtergrond van ons sendingstorie by Lynnwoodrif in 'n
nuusbrief van 2015..