Die volwasse-bediening fokus op alle lidmate wat nie voorskoolse- en skoolgaande kinders het, of nie meer het, nie.
Ouderdom maak glad nie saak nie. Indien ‘n lidmaat homself of haarself as ‘n volwasse lidmaat beskou, word daardie lidmaat hier bedien.
Dit is ‘n bediening wat pastoraat, hospitaalbesoeke en enige ander behoefte wat die lidmate het, bied.