
Vrouedankoffermaand, gedurende hierdie maand word vroue gevra om ‘n spesiale dankoffer, tot aktiwiteite wat die Vroue wat omgee ondersteun, by te dra. Koeverte, beskikbaar by die kantoor en word tydens vrouedankoffermaand uitgedeel, dit kan enige tyd gedurende die jaar ingehandig word. Enige koevert kan ook vir hierdie doeleindes gebruik word – merk net duidelik VROUEDANKOFFER! Met hierdie fondse word liefdespakkies opgemaak aan vroue in moeilike omstandighede, bydraes gemaak tot sopkombuise van ons sendelinge, ondersteuning met geleenthede gebied soos die belydenisaflegging en vroue oor die algemeen geestelik en emosioneel bedien.
Ons ondersteun sendeling Steven se sopkombuis









Ons gee om

Onderklere projek
2023 – ons kon pakkies opmaak waaruit elke vrou volgens haar grootte en smaak ‘n stel onderklere kon kies.



2022



Ons onthaal tydens Belydenis van geloofaflegging






Wêreldbiddag vir vroue












