Lynnwoodrif se Arbeidsentrum is ‘n voortvloeiing van ‘n eerste inisiatief onder kerke in Pretoria meer as 30 jaar gelede. Die “Adviessentrum” is destyds onder leiding van ‘n voormalige leraar, Prof. Piet Meiring, begin.  Tans is hierdie bediening deel van ons Gemeenskap van hoop fokus.

Die mooi visie –

Om hoop te skep en menswaardigheid te herstel aan werklose persone met lae of geen kwalifikasies, deur 'n eerlike kwaliteit diens te verskaf

 dui iets aan van die hart van hierdie bediening.

Hierdie bediening is gedurende die week – per telefoon en/of elektronies – beskikbaar en dien as ‘n databasis waar werkgewers en werknemers met mekaar in kontak gebring word.

Werksoekers wat opdaag word op Woensdagoggende geestelik bedien deur Pastoor Jacques Mbuyi en daarna op ons sisteem geregistreer.  Jacques word ondersteun deur Salome Madiba, wat ‘n hart het om vroue op te rig.

Hoe werk dit?

Registrasiekoste vir werkgewers beloop R250 per persoon – eenmalig geldig vir 3  maande.  Navrae kan elektronies gedurende die week gedoen word.

Let wel – Geen verwysings word nagegaan nie.  Die inligting, vaardighede en vermoëns wat deur die werksoeker gegee word, is die inligting wat beskikbaar gestel word aan voornemende werkgewers, op grond van hul voorkeur behoeftes.

Dit is die voornemende werkgewer se verantwoordelikheid om die betrokke gegewens op te volg en/of ‘n afspraak met potensiële kandidate te reël.

Kontakbesonderhede

Vir enige navrae, kontak gerus Hannes de Villiers by die volgende e-pos: jobs@jobseekers.org.za