Oorgegee, Passievol oor alle mense, Opgerig
Seniorkategeseklasse en Belydenisgroep

Ons gesinne met tieners en studente woon almal saam die Familiediens by, waarna ons tieners vanaf Gr.7 – Gr.10 kategeteklasse het en ons Gr.11’s Belydenisklas.
Goedgekeurde Bybelmedia-materiaal word gevolg om ‘n vaste fondasie in die Bybel te verseker en kennis van die belydenisskrifte te verkry.
Ouers kuier gesellig rondom koffie in die Atrium terwyl die tieners in hul groepe byeenkom.
Belydenis van die Christelike geloof
Daar is oomblikke in ons lewe wat so spesiaal is dat ons moeite wil doen om dit te onthou en te vier. So ’n oomblik is wanneer ons besef dat God ons oneindig lief het en ons dan kies om daardie liefde te aanvaar en ‘n navolger van Christus te word. Belydenis van geloof is ‘n teken wat ons help om hierdie baie spesiale oomblik te merk, te onthou en te vier – ‘n roetemerker op ons geloofspad. Om belydenis van geloof af te lê, is ‘n geleentheid vir ons om tussen ander gelowiges, wat vir ons omgee, te antwoord op ons doop – ‘n teken dat God ons gekies het, selfs voor ons dit kon verstaan. Wanneer ons dan ons geloof bely, reageer ons op God se liefde en sorg vir ons en aanvaar ons Sy versoeningsoffer. Ons kies om ons lewens te leef met die wete dat net Hy God is, dat Hy by ons is en dat ons kies om Sy leiding in ons lewens te volg.
5 November 2022

Johannes 8:12 - “Ek is die lig vir die wêreld. Wie my volg, sal nooit in die duisternis lewe nie, maar sal die lig hê wat wat lewe gee.”






5 Junie 2022
Jesaja 43:1 - “Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne.”







23 Mei 2021
Judas 1:20 - “Julle, geliefdes, moet egter voortgaan om julle lewe te bou op julle allerheiligste geloof. Bid altyd deur die krag van die Heilige Gees.”












Aanlyn inspirasie vir ons tieners
- ‘n Les oor die belangrikste verhouding in jou lewe kliek hier
- ‘n Les oor vrienskap, redding en die verlamde man kliek hier
- Watter brue kan jy bou? kliek hier (Kol 3:12-16)
- Verander jou denke en bou brue kliek hier (Kol 3: 5-11)
- Kom ons begin brue bou kliek hier (Kol 3:1-4)
- Veiligheidsreëls in plek vir ‘n rede kliek hier
- Wat doen ons as ons emosies wipplank ry? kliek hier
- Is jy bekommerd oor die Coronavirus? kliek hier