Ouditorium
Die Rif Ouditorium is ideaal ingerig vir 'n groot groep van nie meer as 350 persone nie. Dit het 'n ingeboude klankstelsel vir mikrofone, maar eie klankopstellings vir vertonings moet gedoen word. Lugverkoeling maak die area gemaklik. Beligting, sowel as gerieflike gestoffeerde stoele, bied 'n gevoel van luuksheid. 'n Kragopwekker is beskikbaar vir tye van laodshedding. Die ruimte is geskik vir vertonings, kleuterskoolkonsert, konferensies, aanbiedings aan groot groepe en vele meer. Dit beskik ook oor 'n "buite" kombuis waar verversings tydens vertonings verkoop kan word. .
Konferensielokaal bekend as die CAEIA
Die Konferensielokaal is ideaal geskik vir 'n kleiner groep van nie meer as 30 sittende persone. Dit is geleë langs die Ouditorium en kan gebruik word vir 'n verskeidenheid van geleenthede. Dit beskik oor 'n ingeboude projektor (Litepro) en vertoningsbord met klank en beligting. Die ruimte kan as addisionele "backstage" ruimte gebruik word saam met die Ouditorium. Die ruimte is ideaal vir kleiner intiemer begrafnisse. 'n Buite kombuis kan gebruik word vir verversings. 'n Kragopwekker is beskikbaar vir tye van laodshedding.
Atrium
Die Atrium is aangrensend aan die hoofruim van die kerk en word afgesper deur invou glasvensters. Die fasiliteit is geskik vir troues, dinees, afskeidsfunksies, aanbiedings en uitstallings. Die ruimte is heerlik koel en gemaklik agv sy grootte met goeie beligting. Ongeveer 350m² uitstalspasie.
Dit kan ongeveer 300 mense teaterstyl en 700 mense staande met gemak hanteer.
KoMa'In!
Die #KoMaIn!-lokaal is 'n gesellige warm lokaal wat 'n verskeidenheid van funksionele opsies in die lokaal kan bied, hetsy 'n lesinglokaalopset, raadsaal vergadering opset of 'n ruimte met sitplekke en 'n mikrofoon. Die sitkamerarea is ideaal vir bybelstudiegroepe of gesellige saamkuier. 'n Opdientafel met fasiliteit vir koffie/tee en verversings maak onthaal maklik. Wees welkom "om maar net in te kom"
Die Hoek
Die Hoek is 'n klein vergaderlokaal ideaal om 7-10 persone met gerief te kan akkomodeer in klaskamerstyl of om 'n ronde tafel. Lugverkoeling en 'n groot wit bord dra by tot die funksionaliteit van die vertrek. 'n Draagbare projektor kan ook opgestel word"