Elkeen ‘n voorbidder want die gebed van ‘n gelowige het ‘n kragtige uitwerking
Wat is ons visie?
Júlle sal vir My ’n koninkryk van priesters en ’n afgesonderde nasie wees. Exodus 19:6
Julle moet dan so bid: ‘Ons Vader wat in die hemel is, U Karakter en Outoriteit (Naam) is afgesonderd; laat U Koninkryk kom, laat U wil gedoen word, op die aarde soos in die hemel. Mat 6:9 – 10
Kontak ons gebedsfasiliteerder Jacob Burger by gebed@lynnwoodrif.co.za
Ons bid graag vir jou
- Stuur ‘n epos aan gebed@lynnwoodrif.co.za
- Stuur ‘n boodskap per sms of WhatsApp na 082 904 3388
Ons passie is dat…
- gebed ‘n integrale deel van elke lidmaat se persoonlike lewe sal wees …
- gebed ‘n kenmerkend geloofsgewoonte van ons gemeente sal wees…
- gebed ‘n belangrike komponent van ons gemeenskap se kultuur sal wees!
Daarom bid ons saam…
- In vertroulikheid vir elke gebed wat inkom. Ons het ‘n span wat spesiaal intree.
- Saterdagoggend tussen 07:00 – 08:00 in #KoMaIn
- Sondagoggend vanaf 08:30 in #KoMaIn vir die eredienste
Ons glo dat in elke bediening, in elke huis en is ons gemeente, gebed ‘n prominente rol speel waar ons inoefen om op die influistering van die Heilige Gees se stem te kan reageer.