Is jy nuut?

Ons wil jou graag ontmoet! Dit is vir ons so lekker dat jy by ons kom kuier of dit oorweeg om ons gemeente jou geestelike tuiste te maak. Gesels gerus met een van ons spanlede aan diens, na die erediens, terwyl jy 'n lekker koppie koffie geniet. Jy is ook welkom om by ons te kom kuier, gedurende die week, by die kerkkantoor. Die kantoor is elke oggend vanaf 8:00 - 13:00 oop.

Dienste oor 'n naweek

Ons weet hoe vreemd dit kan wees by 'n nuwe gemeente. Ons hoop dat hierdie bladsy as wegspringplek sal dien om jou te help.

Aanbiddingstyle

Ons erediensstyl op Sondae is daarop gerig dat die hele geloofsfamilie, met verskillende generasies, saam in geloof kan groei.

Familiediens - in die Hoofruim om 09:00
Aftree-oord dienste - afwisselend by Protea Aftree-oord en Willow Haven om 10:00

Familiediens: Hoofruim

Familiedienste bied ‘n warm, vriendelike, lekker saamsing erediens, waar die wil van God deur reekse, temas, vers-vir-vers en vers-met-vers prediking ontdek word. Hierdie diens het 'n spesiale kindermoment, om so die hele uitgebreide familie te kan bedien. Die aanbiddingstyl is kontemporêr, maar maak ook van orrelspel gebruik om al die generasies te bedien.

Na die kindermoment is daar ‘n spesiale Kinderdiens, wat ons jongelinge op hul vlak, in die Ouditorium bedien.

Aftree-oorddienste

Daar word afwisselend by twee aftree-oorde dienste gehou naamlik Protea oord- en Willow Haven Aftree-oorde. Die eredienste begin om 10:00 Sondagoggende in die onderskeie aftree-oorde se sale. As ‘n reël word die dienste elke tweede en vierde Sondag by Willow Haven en elke derde Sondag by Protea oord gehou. Volg gerus ons kalender vir die datums.

Dr. Daléne Flynn, ons Seniorlidmaatbediening pastorale versorger neem hoofsaaklik verantwoordelikheid vir hierdie dienste.

Na die diens....

Geniet 'n heerlike koppie moerkoffie (of bosveldkoffie) of tee in die Atrium terwyl jy saam met ander gelowiges kuier. Ons gerieflike kuierarea in die Atrium maak dit ideaal om te kuier of te wag vir die kinders om klaar te maak met kategeseklasse. Dis ook die ideale geleentheid vir nuwe lidmate om die gemeentelede te leer ken.

The Discipleship group at 10:30 in the #KoMaIn provides a warm, friendly and personal atmosphere to members of the community who wants to grow in their relationship with the Lord. Learn to be a disciple based on Biblical teaching.

Kategeseklasse vir kinders, tieners en jong volwassenes.

Soggens na die Familiediens is daar juniorkategeseklasse vir die laerskoolkinders - vanaf Graad R tot Graad 6 asook seniorkategeteklasse vir die tieners vanaf Graad 7 tot Graad 10 en 'n Belydenisklas vir ons Graad 11's.

Ontmoet iemand nuut

Ons sal jou graag weer wil sien! Indien jy net by ons kom kuier het is ons bly dat jy saam met ons die Here kom aanbid het.