Familiedienste

‘n Vriendelike ruimte vir die hele gesin

Ons Familiediens  bied ‘n gemaklike, warm en vriendelike styl wat op die hele geloofsfamilie gerig, is met genoeg sielskos vir oud en jonk!  Die erediens skep ten eerste ‘n oase van hoop waar persone God kan ontmoet, kan rus in Sy teenwoordigheid en verfris kan uitgaan om ‘n verskil te maak.  Ten tweedens skep die erediens geleentheid waar persone kan inoefen om fiks te word om op die influistering van die Gees se stem te reageer.

Ons Aanbiddingspan begelei die gemeente op klavier en/of orrel saam met ‘n voorsanger.  ‘n Variasie liedere vanuit die Liedboek, VONKK en VLAM asook nuwe liedere word gebied.

Die Familiediens begin om 09:00 op Sondae in die Hoofruim.  Die hele gesin woon die diens saam by.  Na die kindermoment word die kinders, onder begeleiding van ons Fasiliteerder vir die Familiebediening, verder bedien met ‘n Kinderdiens in die Ouditorium.   Kategeseklasse vir ons Juniorkategese, tot en met Graad 6, volg direk na die Kinderdiens.

Aanddienste

‘n Gemaklike ruimte vir alle ouderdomme

Ons Aanddienste bied ‘n informele styl met ‘n meer moderne musiekaanslag, spesifiek gemik op gesinne met Hoërskoolleerders en studente, alhoewel enige persoon welkom is.  Die erediens skep ten eerste ‘n oase van hoop waar persone God kan ontmoet, kan rus in Sy teenwoordigheid en verfris kan uitgaan om ‘n verskil te maak.  Ten tweedens skep die erediens geleentheid waar persone kan inoefen om fiks te word om op die influistering van die Gees se stem te reageer.

Die Aanddiens begin om 18:00 op Sondagaande in die Ouditorium.  Die hele gesin woon die diens saam by.  Kategeseklasse vir ons Tienerkategese, tot en met Graad 11, volg direk na die Aanddiens plaas.  Ons Belydenisklas vind, onder leiding van ons Fasiliteerder vir die Familiebediening direk na die Aanddiens in die CAEIA plaas.

Daar is GEEN Aanddienste gedurende skoolvakansies en oor langnaweke nie.

Nuutste preke 2022

Waar is God?

Posted on 26 Jul 2022

Die gelykenis van die rivier

Posted on 26 Jul 2022

God juig oor jou

Posted on 11 Jul 2022

Tronk van twyfel

Posted on 05 Jul 2022

Dun plekke

Posted on 27 Jun 2022

Reekse 1 2022

Vertrou God en doen wat reg is

Posted on 01 Mar 2022

Onthou wie jy is!

Posted on 15 Feb 2022

Die Heilige Gees gee nuwe lewe

Posted on 07 Feb 2022

Wie gee ware genesing?

Posted on 07 Feb 2022

Genees My liggaam

Posted on 01 Feb 2022