Die musiekbediening bied die fondasie vir aanbidding en lof aan die Here. Daar is drie musiekgroepe - by die Familiediens en by die Aanddiens. Die styl van elkeen verskil.
Skakel gerus vir Liesl Henrico indien jy deel van enige van hierdie groepe wil wees.
Om Sondagoggende deel te wees van die Teebedieningspan, is voorwaar baie lekker en 'n wonderlike voorreg!
Die teeskink na kerk is 'n fees, veral met 'n koekie in die piering, want dan gesels en kuier ons met al die vriendelike gemeentelede. Daar is lekker moerkoffie, bedien in bekers, en die koffiekan is elke week dolleeg. Die kinders is veral lief vir rooibostee, maar daar is ook koeldrank vir die somermaande.
Die Teebediening is 'n fees om van deel te wees!
Kontak gerus vir Marinda Swanepoel by die kerkkantoor om hierdie dienspunt te ondersteun
Die Kunste- & Versieringsbediening gebruik hul kreatiewe talent om die erediens ruimtes tydens eredienste asook spesiale feesdae en nagmaalgeleenthede te versier.
Dit help om die atmosfeer te skep waarbinne die boodskap verkondig word en waarbinne die gemeente gelei word om die Here te aanbid.
Skakel gerus Marinda Swanepoel by die kerkkantoor om deel van hierdie kreatiewe span te word.
Die inligtingstafel is ook 'n dienspunt waar jy met nuwe intrekkers, kuiergaste of gemeentelede kan gesels oor inligting van aktiwiteite of ander sake waaroor mense inligting soek. Die inligtingstafel word tydens tee-drink na die eredienste beman.
Skakel gerus Marinda Swanepoel by die kerkkantoor om hierdie dienspunt te ondersteun.Hierdie spanlede fokus daarop om dankoffers op te neem tydens die dienste. Die span berei ook die nagmaal voor wanneer daar geleenthede is by die verskillende eredienste
Skakel gerus Marinda Swanepoel by die kerkkantoor om hierdie dienspunt te ondersteun.