Hier word daar op spesifieke behoeftes van ons gemeente se seniors gefokus d.m.v. woordverkondiging en pastorale versorging, asook bybelstudies in die aftree-oorde, huis- en siekebesoeke (hospitale, “step downs”) en spesiale besoeke, insluitende sterwensbegeleiding.
Hierdie bediening word versorg deur ons Fasiliteerder: Seniorbediening-pastoraat, Dr. Daléne Flynn
082 904 3388
seniors@lynnwoodrif.co.za
Eredienste: Aftree oorde
Elke 4de Sondag van die maand by Willow Haven Aftree-oord om 10:00 - soos ook op die kalender aangedui.
Elke 3de Sondag van die maand by Protea Aftree-oord om 10:00 - soos ook op die kalender aangedui.
Gemeentebybelstudie
Donderdagoggende om 10:00 in #KoMa'In! (gedurende skoolkwartale)