Kie die lewe – Ivor Swartz

Ivor Swartz het sy storie met ons kom deel. Indien jy enige navrae het kan jy gerus met Hannes de Villiers kontak maak by hoop@lynnwoodrif.co.za

“Niemand se storie hoef te eindig soos dit begin het nie”

Bly lewe asseblief!

Precious Blessings Plek van veiligheid

Ons neem graag hande saam met hierdie organisasie in ons gemeenskap van hoop.

Kliek hier vir meer inligting oor maandelikse behoeftes waarmee jy kan help.

Kliek hier vir meer inligting oor korttermyn behoeftes wat bestaan en waar jy betrokke kan raak.

Kliek hier vir meer inligting oor die langtermyn wenslysie waarmee jy dalk kan help.

Kontak Hannes de Villiers, ons Gemeenskap van Hoop Fasiliteerder by 083 4430278

of besoek hul webblad by www.preciousblessings.co.za


Luister gerus na ons droom van gemeenskappe van hoop – soos Hannes de Villiers, bestuurder vir hierdie bediening, dit verduidelik

Gemeenskap van Hoop - Fokus op families

In samewerking met ons Familie en Jeugbediening, Barmhartigheidsbediening en ander droom ons van opgerigte families
Kliek hier om die video te kyk

Gemeenskap van Hoop - Fokus op mentorskap

'n Splinternuwe fokus wat ons graag wil uitbou
Kliek hier om die video te kyk

Gemeenskap van Hoop - Fokus op die Besigheidsektor

'n Spinternuwe fokus waar ons graag saam met besighede in die gemeenskap in vennootskap wil gaan tot voordeel van ons gemeenskap
Kliek hier om na die video te kyk

Boodskappe van hoop

Verskilmakers is draers van hoop. Draers van hoop het unieke kenmerke. Hoop verander 3 dinge - dit verander hoe jy na jouself kyk, dit verander dit waarin jy waarde vind en dit verander wat jy met my lewe doen.

Hoop verander hoe ek na myself kyk

Ek is soos 'n vreemdeling of pelgrim in hierdie wêreld

Ek is 'n kind van God

Ek is na die beeld van God geskape

Ek is God se verteenwoordiger in hierdie wêreld

Hoop verander dit waarin ek waarde vind

Skatte op aarde is tydelik en vergaan

Skatte in die hemel bestaan vir ewig

God se Woord is die riglyn na dit wat ewgiheidswaarde het

Ek het waarde! Ek is 'n meesterstuk deur God geskape

Hoop verander wat ek met my lewe doen

Ek draai my rug op die sonde van die wêreld

Ek werk nie om skatte op te gaar nie, maar om te kan gee

Deur my lewe soek en doen ek God se wil eerder as om my eie wil te volg

Ek leef om vir ander van Jesus se liefde te vertel

Ek leef om ander se belange te bevorder

Hoop gee ons vreugde en vrede

God is my bron van vreugde en vrede

Gehoorsaamheid aan God skep 'n diep vreugde in my hart

Vreugde en vrede is deel van die vrug van die Gees in my

Die vrede van God hou wag oor my gedagtes

Hoop gee ons beskerming

Die Here sorg en beskerm dié wat Hom eer

Die Here beskerm my, Hy is my skuilplek

Wanneer die wêreld my verdruk, vervolg of neergooi, is dit Hy wat my beskerm

Ek hoef nie te vrees nie, want God is my Helper

Ek is nie bang nie, ek skrik nie vir die wêreld nie want die Here my God is by my.