Familiedienste

‘n Vriendelike ruimte vir die hele gesin

Ons Familiediens bied ‘n gemaklike, warm en vriendelike styl wat op die hele geloofsfamilie gerig is met genoeg sielskos vir oud en jonk!  Die erediens skep ten eerste ‘n oase van hoop, waar jy God kan ontmoet en kan rus in Sy teenwoordigheid sodat jy verfris kan uitgaan en ‘n verskil  maak.  Ten tweedens skep die erediens geleentheid waar jy kan inoefen om fiks te word om op die influistering van die Gees se stem te reageer.

Ons Aanbiddingspan begelei die gemeente op klavier en/of orrel saam met ‘n voorsanger.  ‘n Variasie liedere vanuit die Liedboek, VONKK en VLAM, asook nuwe liedere word gesing.

Die Familiediens begin Sondae om 09:00 in die Hoofruim.  Gesinne met kinders woon as gesin saam die diens by.  Na die kindermoment word die kinders apart bedien met ‘n spesiale kinderbyeenkoms in ons Ouditorium.   Kategeseklasse vir ons junior en seniorkategese, asook belydenisklas vind na die diens plaas.

Nuutste preke 2024

Oorleef die rotresies

Posted on 23 Jan 2023

God is my Redder

Posted on 13 Dec 2022

Gee ‘n tree nader

Posted on 13 Dec 2022

Die Woord wat lewe

Posted on 15 Nov 2022

Almal, omarm en geroep

Posted on 08 Nov 2022

Jy is geroep 2024

Impak predikers

Gemoedsvernuwing reeks

Pinkster 2023 - In Christus

SPOORTRAP 2023